Mpumalanga maak gereed vir alle laerskool-leerlinge om terug te keer skool toe

Loading player...
Mpumalanga se onderwysdepartement maak gereed om alle laerskool-leerlinge Maandag terug te verwelkom op die skoolbanke.
Skole het gister heropen, met alle laerskool-leerders wat veronderstel is om vanaf 2 Augustus voltyds terug te keer na fisiese skoolbywoning.
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, is besig om skole se gereedheid se monitor.
Hy het vanoggend by Goba Primary in Nkomazi besoek afgelê.
Hy sê hulle probeer om klasse waar kinders nie fisiese afstand kan hou nie, aan te spreek deur naburige geboue in te span.
27 Jul 2021 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min