Jak de Priester hou môre in jou huis konsert

Jak de Priester gaan die Laeveld môre vermaak tydens die vyfde aflewering van die In Jou Huis-konsertreeks.
Die reeks van ses konserte word aangebied in samewerking met Innibos, kykNet en Radio Laeveld.
Bywoning na die optrede in Kaapsehoop is streng beperk weens Covid, maar almal kan dit vertoning regstreeks op hul radio luister.
Jak sê die gehoor kan oud en nuwe materiaal verwag, en baie stories tussen die musiek.
Skakel Saterdag om sewe-uur in op 100.5FM, om regstreeks daarna te luister.