Beweerde rampokker verskyn in Mkhuhlu-hof

Loading player...
‘n Man wat deur die Valke as ‘n rampokker beskryf word, is Donderdag tydens ‘n hofverskyning vir een moord, aangekeer vir ‘n ander.
Die 34-jarige Johan Edward Ndlovu word aangekla van die moord op Vincent Ngwato wat in November 2019 doodgeskiet is in Mkhuhlu.
Ndlovu is aan die saak gekoppel terwyl hy in die tronk was vir ‘n ander moord en besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen.
Hy is aangekeer terwyl hy vir dit in Calcutta verskyn het en het Vrydag in
Mkhuhlu verskyn. Die saak kom weer Woensdag voor.
kaptein Dineo Sekgotodi
2 Aug 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min