Hetta Potgieter se moordenaar kry lewenslank

Loading player...
Shaun Oosthuizen is vanoggend tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord in 2018 op Hetta Potgieter in die Macadamia-sorgsentrum.
Hy het gister in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela skuldig gepleit op klagte van moord en roof.
Hy is tot 15 jaar gevonnis vir die roof.
Klagte teen Johnny du Plooy en Maryna Vorster is teruggetrek. Oosthuizen en Du Plooy is reeds twee keer tot lewenslank gevonnis vir soortgelyke moorde in Gauteng.
Albert Gryvernstein van Bossies Community Justice sê daar was oorweldigende getuienis teen Oosthuizen.
5 Aug 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min