Wildtuin verdedig besluit om olifantkalfie uit te sit

Loading player...
Die besluit van die Krugerwildtuin om ‘n wees olifantkalfie van kant te maak, het vrae laat ontstaan oor Sanparke se beleid oor mense se ingryping in die natuur.
Die olifantjie is onlangs geskiet nadat die ma aan natuurlike oorsake dood is.
Die wildtuin se woordvoerder, Ike Phaahla, sê hulle het die besluit geneem om menslikheidsredes: omdat die kalfie steeds aan die ma gedrink het sou sy kanse om oorlewing skraal wees.
12 Aug 2021 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min