Beroep op burgemeester om te bedank na inhegtenisname

Loading player...
Die DA in Mpumalanga het 'n beroep gedoen op die burgemeester van die Nkangala-distriksmunisipaliteit om dadelik te bedank.
Sarah Masilela het gister saam met agt ander mense in die Middelburg-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog.
Dit hou verband met 'n bedrag van byna 'n kwart-miljoen-Rand wat vir Erfenisdag-vieringe ontvang is, maar die geleentheid het blykbaar nooit plaasgevind nie.
Elkeen is borgtog van 10-duisend-Rand toegestaan. Hulle moet weer op 10 September in die hof verskyn.
24 Aug 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min