EFF onttroon DA as amptelike opposisie in Mbombela

Loading player...
Die EFF het die DA net-net as die amptelike opposisie in Mbombela-munisipaliteit onttroon.
Die ANC kon met 65.21% van die stemme 59 setels behou vir beheer van die stadsraad.
Die EFF kon in totaal 14,68% van die stemme wen vir 14 setels, en die DA 13,54% vir 12 setels.
Die VF Plus het drie en die ACDP en ATM een elk.
Die DA, tot op hede die amptelike opposisie in die raad, kon wyke 15, 16 en 17 in Nelspruit behou, sowel as Witrivier (wyk 30).
Thea Rix, wat vir die eerste keer in ‘n verkiesing gestaan het, het wyk 15 vir die DA loshande gewen.
3 Nov 2021 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min