LUR van R25 000 kontant beroof tydens kaping

--:--
Niemand is nog aangekeer vir die kaping en roof van LUR, Speedy Mashilo, Donderdag nie.
Mashilo is die Mpumalanga LUR vir menslike nedersettings en streeksvoorsitter van die ANC.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, was hy om ongeveer 12:00 op pad om te gaan jag, toe hy op die R568 tussen Ekangala en KwaMhlanga deur gewapende rowers in ‘n BMW voorgekeer is. Hulle het vuurwapens op hom gerig om hom te dwing om stil te hou.
Hulle het Mashilo in die BMW in forseer en met hom en sy Toyota Hilux na die Oos-Rand gery.
Hy is na sowat agt uur in ‘n afgeleë gebied naby Thembisa afgelaai war hy deur verbygangers gehelp is.
Buiten sy bakkie is hy van R25 000 kontant, bankkaarte, kruideniersware, ‘n gelisensieerde jaggeweer en 25 rondtes ammunisie beroof.
15 Nov 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

DA kritiseer tekort aan werkskepping in Mpumalanga

Die DA in Mpumalanga sê die premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, het weereens nie haar belofte oor werkskepping gestand gedoen nie. Volgens Bosman Grobler is ‘n teiken van 99-duisend werksgeleenthede daargestel om die 48-komma-1-persent werkloosheidsyfer in die provinsie aan te spreek. Hy sê slegs die departemente van Gemeenskapsveiligheid en Samewerkende Regering kon…
27 Mar 8AM 1 min

DA lê kriminele klagte oor besoedelde water in Carolina

Die DA het vanoggend by die Carolina-polisiestasie kriminele klagte gelê teen die burgemeester, Daniel Nkosi, en die stadsbestuurder, Ephraim Thabethe, van Chief Albert Luthuli-munisipaliteit vir oortreding van die Waterwet. Volgens die party gaan dit oor jarelange besoedeling van waterbronne met mynsuur in Silobela informele nedersetting, selfs na ‘n hof in…
27 Mar 7AM 1 min

Besige paasnaweek op N4 verwag

Die komende Paasnaweek is die besigste tyd van die jaar op die N4 tussen Mpumalanga, Gauteng en Mosambiek. TRAC waarsku motoriste om hoë verkeersvolumes te verwag en hul reistye daarvolgens te beplan. Volgens Solange Soares, die kommunikasiebestuurder vir TRAC N4, verwag die besigste tye sal heeldag Donderdag, Vrydagoggend en Maandag…
25 Mar 8AM 1 min

Mpumalanga polisie soek verdagtes wat man se hande afkap en daarmee vlug

Die polisie in Mpumalanga soek na verdagtes wat ‘n man se hande afgekap het. Die 30-jarige het oorleef en word in die hospitaal behandel. Volgens die polisie het hy vroeg Woensdagoggend op die Kroomdraai-pad in Vosman naby Witbank gestap toe sowat ses verdagtes in ‘n groen Opel Corsa-bakkie verskyn, en…
25 Mar 4AM 1 min

Verdagte aangekeer weens moord op polisiekaptein in KaNyamazane

‘n 32-jarige verdagte is aangekeer in verband met die moord op ‘n polisiekaptein, Sibusiso Mthombothi, in Kanyamazane. Mthombothi was op 13 Januarie van diens af toe hy sy private voertuig na ‘n karwassery geneem het. Die verdagte, wat na bewering ‘n veroordeelde moordenaar is, het glo teen hom vasgery en…
20 Mar 4AM 1 min