Alarm gemaak oor riool in Witrivier-natuurreservaat

Loading player...
Die VF Plus het Mbombela-munisipaliteit by die provinsie se Groen Skerpioene verkla oor beweerde rioolbesoedeling in die Witrivier-natuurreservaat.
Die party het die waarnemende LUR, Busisiwe Shiba, versoek om dit dringend te ondersoek en die munisipaliteit te beveel om ʼn volhoubare oplossing vir die probleem te vind.
Volgens Freddy Robertson, ‘n VF Plus-raadslid, word rioolpompe nie onderhou nie, en ontbreek onderdele, met die gevolg dat onverwerkte riool in die omgewing uitlek en uiteindelik in die Krokodilrivierstelsel opgeneem word.
24 Nov 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min