Meer as 80 vroue sedert April in Mpumalanga vermoor

Loading player...
Mpumalanga se LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Ntshalintshali, het haar kommer uitgespreek oor die toenemende gevalle van geweld teen vroue en kinders sedert April.
Tot en met September is 84 vroue in die provinsie vermoor, 716 verkrag, 72 seksueel aangerand, en 3-duisend-164 aangerand.
Die provinsiale regering het Vrydag hul 16 Dae van Aktivisme-verldtog in Karinet afgeskop.
Ntshalintshali het ‘n beroep gedoen op die polisie om meer kinderbeskermings-eenhede te skep.
Areas soos Kabokweni, Pienaar, Embalenhle, Emalahleni en KwaMhlanga is uitgelig as besonders kommerwekkend.
29 Nov 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min