Verdagte voor hof vir meer as 3-miljoen se tekkies

Loading player...
‘n 37-jarige man sal na verwagting vandag in die Komatipoort-landdroshof verskyn op klagte van die besit van vervalste goedere.
Hy is Donderdag by die Lebombo-grenspos aangekeer toe hy in besit gevind is van nagemaakte tekkies ter waarde van sowat 3,8-million-Rand wat hy in Suid-Afrika ingesmokkel het.
Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, is daar op die vragmotor wat in die pleeg van die misdaad gebruik is, en self sowat 3,5-miljoen-Rand werd is, beslag gelê.
13 Dec 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min