Vermeende dwelmhandelaar vasgetrek

Loading player...
'n Vermeende dwelmhandelaar en motorkaper is die week in Emzinoni aangekeer.
Jamvier Ramazani (30) het Dinsdag in die Bethal-hof verskyn.
Volgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi soek hulle hom sedert Julie toe hy arrestasie ontduik het tydens 'n intelligensie gedrewe operasie in Bethal waartydens tien verdagtes aangekeer is vir dwelmhandel.
Ramazani word gekoppel aan twee dwelmhandelsake en ‘n motorkaping in Julie.
Hy sal op 4 Januarie weer verskyn vir die kaping en op 4 Februarie saam met die ander tien vir dwelmhandel.
30 Dec 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min