Verskeie leerlinge wag nog vir plek in skole

Loading player...
Verskeie graad een en agt leerlinge wag nog vir plek in skole in Mbombela en Witrivier.
Die akademiese jaar skop Woensdag af. Volgens die provinsiale onderwysdepartement, benodig 214 graad agt en 213 graad een leerders plek in Mbombela, en 33 graad agt en 35 graad eens in Witrivier.
Lucy Moyane, departementshoof, sê kontrakteurs is ook aangestel om 40 tydelike klaskamers by vier laerskole aan te bou.
Volgens Moyane sê hul nuwe doelwit om behoorlike sanitasiegeriewe by skole te verseker, is 2023.
10 Jan 2022 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min