Waarskuwing oor grypdiewe
--:--
'n Man is vanoggend amper sy graaf kwyt, toe 'n grypdief dit van agter op sy bakkie gesteel het.
'n Ooggetuie, Deon Meyer, het agter die betrokke bakkie gewag om regs te draai op Madiba-Rylaan by die Samora Machel-kruising toe hy dit sien gebeur.
Hy en die slagoffer het die dief agterna gesit en hy het sy buit neergegooi.
John Meintjies van ACS Sekuriteit sê dit gebeur veral ook op die kruising van Samora Machel en Henshallstraat by die Promenade.
Hy sê dit is 'n geleentheidsmisdaad.