Ontvoerde Pakistani in Mbombela gered

Loading player...
Die polisie soek na ‘n sakeman van Schoemansdal wat na bewering twee mense van Pakistan ontvoer het.
Volgens brigadier Selvy Mohlala is hulle die land binne gesmokkel via Malawi en Mosambiek en met hul aankoms deur die verdagte gevangene gehou.
Een se familie het ‘n losprys betaal, terwyl die ander s’n die saak in Johanneburg aangegee het.
Donderdag is die verdagte naby Valencia opgemerk en na ‘n hoë-spoed jaagtog kon hy vlug. Sy voertuig is later in die parkeerterrein van i’langa Mall opgespoor.
By die huis waar die slagoffers aangehou is, is nog ‘n onwettige immigrant van Pakstani wat as hul oppasser uitgewys is, aangekeer.
17 Jan 2022 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min