Twee met plofstof doen aansoek vir borgtog in Barberton

Loading player...
Twee mans sal vandag formeel vir borgtog aansoek kan doen wanneer hulle in die Barberton-landdroshof verskyn. Hulle is verlede week aangekeer in besit van plofstof.
Volgens die polisie was beamptes besig om na ‘n moordverdagte te soek, toe hulle op die twee afkom in ‘n wit Fiat bakkie. Een het ‘n kosblik by die venster uitgegooi.
Die polisie het die voertuig deursoek en plofstof en toerusting gevind.
Die verdagtes van 29 en 43 jaar oud is gearresteer en het reeds in die hof verskyn.
17 Jan 2022 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min