Deelnemers oorgehaal vir Sabie Tube Race

Loading player...
Dit is amper weer tyd vir die legendariese Sabie Tube Race wat verlede jaar glad nie kon plaasvind nie weens Covid-19-inperkingsreëls. Vanjaar kan dit, en 2 000 mense kan op 4 en 5 Februarie saam partytjie hou.
Johannes Coetzee van Round Table Witrivier wat dit reël, sê vanjaar se “resies” het spesiale beplanning en voorbereiding geverg.
Alle opbrengste is ten bate van liefdadigheid. Dit vind plaas by Castle Rock oorkant Merry Pebbles.
Francois van Coke, Van Pletzen en Spoegwolf verskaf die vermaak.
Kaartjies is beskikbaar by Quicket.
26 Jan 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min