Mannejag na gesin uitgewis word in Bosbokrand

Loading player...
‘n Mannejag is geloods na ‘n sake-eienaar en sy gesin gisteraand noodlottig geskiet is in hul huis in Kasteel naby Bosbokrand.
Volgens die polisie het bure om ongeveer half 8 skote gehoor. Kort daarna is twee mans gesien wat oor die muur spring en vlug.
Die slagoffers is geidentifiseer as die 58-jarige Johnson Fakude, sy 50-jarige vrou, Gift Matsane, en hule twee dogters Princess (11) en Priscilla (8).
Hulle het skietwonde gehad en is op die toneel dood verklaar.
Volgens Brigadier Selvy Mohlala is die motief vir die moorde onbekend.
Fakude was die eienaar van Faduku Cash Loans.
Enigiemand met inligting is gevra om die takbevelvoerder, speurder kolonel Dumisani Mbokane, te kontak by 082-556-5630.
9 Mar 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min