Luister: Cindy Nell-Roberts vreesloos op 40

Loading player...
In dié podsendingreeks gesels die voormalige Mej. Suid-Afrika en dinamiese ma van twee met Maroela Media oor alles van die strategie agter skoonheidskompetisies en haar gedrewenheid om haar stempel in die bemarkings- en entrepreneurswêreld af te druk, tot haar onlangse mylpaalverjaarsdag en skoonheidswenke vir daardie dol oggende wanneer tyd net nie aan jou kant is nie.
11 Mar 2022 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

Ollyvans skink dubbel met solo-debuut

Ollyvans vervaardig al jare lank agter die skerms musiek vir kunstenaars soos Juan Boucher, Tasché en Refentse en het ook die groep Red Sheep se treffersnit “Suiderkruis” vervaardig. Sy debuutsnit, “Op ys”, het onlangs die lig gesien.
21 Oct 8 min

Student vat verkope van handboeke, skep wen-sakeplan

Die 21-jarige Darren Minders het met Die Boekemark die kategorie vir nuwe ondernemingsidees in Akademia se 2026-sakeplankompetisie gewen. Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels met hom oor die ontstaan van sy onderneming, die lesse agter die syfers en waarom ’n goeie sake-idee soms eers behoorlik uitmekaargehaal moet word voordat…
12 Oct 8 min

Zaan, Kurt draai saam op dansvloer

Kurt en Zaan, wat ’n hegte band gevorm het tydens die vervaardigingsproses van “Meisie meisie”, vertel die verfilming van die musiekvideo was groot pret.
2 Oct 18 min

Geliefde oud-Springbok Kitsie skryf sy pad na vrede

Die “Bomb Squad”, twee Wêreldbeker-toernooie, moeilike tye en ’n loopbaan wat onverwags tot ’n einde gekom het. Steven Kitshoff kyk terug op die pad wat hom gevorm het en deel die lesse wat hy nou wil aangee.
25 Sep 13 min