Brand geblus by ANC-kantoor in Nelspruit

Loading player...
'n Man het na bewering vanoggend ‘n brand gestig in 'n kantoor by January "Che" Mashilela-huis, die ANC se provinsiale hoofkantoor, in Nelspruit.
Ooggetuies wou nie op die toneel met die media praat nie, maar daar word verstaan dat die man die kantore besoek het.
In een kantoor het hy petrol op die vloer gegooi en dit aan die brand gesteek.
Almal kon die gebou suksesvol ontruim vlug en niemand is beseer nie.
Mbombela brandweerhoof, Petrus Mthiyane, sê die polisie ondersoek presies hoe die brand begin het.
17 Mar 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min