Minister van Justisie vier die Grondwet in Mpumalanga

Loading player...
Die minister van Justisie, Ronald Lamola, het vanoggend die rede gelewer by die provinsiale Grondwetlike Regte Konferensie by die Universiteit van Mpumalanga.
Dit vier die 25ste herdenking van die Grondwet.
Dit is bygewoon deur onder meer die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, Mbombela burgemeester Sibongile Makushe en Mpumalanga regter-president Francis Legodi.
Lamola sê die polisie werk daaraan om laboratorium toetse van DNS te verbeter en te bespoedig.
17 Mar 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min