Polisie bekommerd oor aanvalle op lede

Loading player...
Die Mpumalanga polisiekommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, is bekommerd dat polisielede toenemend deur kriminele geteiken word.
Gisteraand is ‘n 24-jarige man en 26-jarige vrou aangekeer na hulle op die polisie geskiet het, terwyl hulle probeer vlug het van ‘n winkelsentrum naby Calcutta waar hulle na bewering ‘n roof uit wou voer. Beide is gewond en word behandel en sal aangekla word van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.
‘n 25-jarige vrou is ook gearresteer nadat ‘n polisiebeampte se gesteelde dienspistool Sondag in haar huis in Shatale naby Bosbokrand gevind is.
Vrydag is die 37-jarige polisiesersant Enok Themba Nsimba noodlottig gewond toe die polisie reageer het op 'n wenk oor 'n saamtrek van 15 vermeende kriminele by 'n gastehuis in Kabokweni.
Ses verdagtes is aangekeer en sal vandag in die hof verskyn.
Brigadier Selvy Mohlala:
28 Mar 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min