Man vermoor en verbrand in Piet Retief

Loading player...
Vyf verdagtes word deur die polisie gesoek na die 31-jarige Mxolisi Ndlela Maandagaand in Piet Retief vermoor is.
Hy was saam met sy vrou en kind by die huis toe die aanvallers, gewapen met messe, hom uit die huis gesleep het. Hy is doodgekap en sy liggaam is aan die brand gesteek.
Die verdagtes het gevlug. Die motief vir die moord is onbekend.
Volgens brigadier Selvy Mohlala bestaan die moontlikheid dat die voorval verwant is aan heksery.
30 Mar 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min