Trac N4 gereed vir Paasnaweek verkeer

Loading player...
TRAC N4 is gereed vir die verwagte volumes verkeer wat jaarliks Paasnaweek tussen Mpumalanga, Gauteng en Maputo toeneem.
Kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê dit is die besigste tyd van die jaar op dié roete.
Na verwagting sal dit Donderdag tussen 12:00 en 22:00, Vrydag 09:00 tot 15:00 en weer Maandag van 09:00 tot 19:00 die hoogste wees.
Hul padveiligheidsveldtog sluit in dat TRACAssist eenhede saam met nooddienste op strategiese punte gestasioneer sal wees.
Die grensposte sal vanaf 12 April ook weer voltyds 24 uur operasioneel wees.
11 Apr 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min