Vermeende transitorower aangekeer deur middel van vingerafdrukke

Loading player...
‘n Vermeende transitorower is deur die Valke aangekeer.
Die 22-jarige Sandiso Ngomane het Vrydag in die Kabokweni-hof verskyn.
Die rooftog het op 19 Maart plaasgevind toe ‘n Fidelity-geldwa op pad na Masoyi van die pad afgedruk is. Twee sekerheidswagte is van hul vuurwapens beroof en die voertuig oopgeblaas.
Die ongebekende aantal verdagtes het met ‘n onbekende bedrag kontant gevlug.
Ngomane is met sy vingerafdrukke aan die toneel gekoppel en hy is Donderdag in Hazyview aangekeer.
Die Valke se Kaptein Dineo Sekgotodi:
12 Apr 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min