
#2 Operasie Umbra – Episode 2
--:--
Ten einde uit sy penarie te kom dink agent Roux Koekemoer op sy voete. Die ontslape Victor Gerwel se weduwee, Francis, skep nie die indruk van ʼn vrou in rou nie. Dis of haar kop met buitengewone sake bedrywig is: “Ek lees sommer op oor Suid-Afrika se kernwapens uit die apartheidsdae.” En toe boul sy Roux met ʼn opslagbal.