SPAR Grand Prix-reeks vanjaar ook in Mbombela

Loading player...
Mbombela het Pietermaritzburg vervang as gasheerstad vir vanjaar se SPAR Grand Prix-reeks. 1,7 miljoen-Rand in prysgeld is op die spel oor die reeks van ses padwedlope vir vroue. Dit skop op 28 Mei in Gqeberha af. Die Mbombela-wedloop vind op Saterdag, 16 Julie, plaas.
Die SPAR-groep se Charlene Subbarayan sê dit sal ook geleenthede bied vir gemeenskapsorganisasies om betrokke te raak.
Weens Covid-regulasies word elke 10 km beperk tot 500 uitgenooides, maar die SPAR Vroue Virtuele-uitdaging vind wel op 3 September plaas.
12 May 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min