Variété 'n onvergeetlike ervaring

Loading player...
Hoërskool Nelspruit (NHS) se spogproduksie, Skouspel, het hierdie jaar met swier sy terugkeer gemaak as Variété. Ezette Mans (produksiebestuurder) en Hené Swanepoel (choreografierepetiteur) saam met Signature Performing Arts & Theatre Technology het na afloop van Skouspel 2021 fyn beplan aan 2022 se produksie.
Weens almal se harde werk was dit ‘n onvergeetlike produksie met 28 liedjies, gesing deur talentvolle soliste; uitstekend gechoreografeerde danspassies en talle verhoogverrassings.
Dit is in NHS se skoolsaal aangebied, met die tema ‘n viering van die skool se 70ste bestaansjaar. Swanepoel verduidelik dat die verskillende items verskillende dekades uitgebeeld het.
16 May 2022 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min