Sekuriteitswag vasgetrek oor gesteelde medikasie

Loading player...
‘n Sekuriteitswag wat na bewering medikasie en mediese voorraad uit die Langverwact-kliniek en ‘n gemeenskaps-gesondheid-sentrum in Embalenhle naby Secunda gesteel is, is gister gearresteer.
Polisie het glo op die voorraad in haar huis afgekom. Amptenare het bevestig dit is Mpumalanga department van gesondheid se eiendom. Sy het intussen ‘n bekentenis afgelê.
LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, sê by monde van haar woordvoerder, Dumisani Malamule, dat die departement onbewus was dat klagtes oor tekorte aan medisyne soms te wyte is aan diefstal.
Sy het ‘n beroep gedoen op meer ondersoeke, omdat sy glo diefstal ook by ander gesondheidsfasiliteite plaasvind.
18 May 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min