Koop jou Pumas-kaartjies vroegtydig

Loading player...
Die Pumas benodig vyf punte in hul Curriebeker-wedstryd Vrydag teen die Griekwas om hulself van ‘n plek in die halfeindronde te verseker.
Plaaslike ondersteuners daag mekaar daarom uit om die hele week Pumas klere by die werk te dra en onderling mekaar uit te daag om die wedstryd te ondersteun.
Werkgewers word gevra om werknemers wat moeite doen ten minste 'n #HalfdagVrydag te gee en dalk selfs die hul vir hulle te borg.
Jy kan ook saam met Radio Laeveld ‘n getekende Pumas rugbytrui wen – en pizzas vir die kantoor, mits jy die grootste gees het. Stuur vir ons ‘n video wat jul gees demonstreer by 061-496-4323 of plaas dit op sosiale media en “tag" ons daarin om ‘n kans te staan om te wen.
Afskop op Mbombela-stadion is om 6-uur. Kaartjies beloop R30 vir volwassenes, en R10 vir kinders.
Roelf Kotze, Mbombela-stadionbestuurder:
8 Jun 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min