Mpumalanga-vlugbalspelers blink uit in Stellenbosch

Loading player...
Die Mpumalanga-span keer terug van die Nasionale Skolesport-kampioenskappe
wat hierdie week by die Universiteit van Stellenbosch aangebied is met twee goue medaljes.
Die span het bestaan uit jong skaak-, netbal en vlugbalspelers. Die vlugbalspanne het met drie medaljes teruggekeer. Die seuns en dogters onder-17-spanne het goue medaljes verower en die dogters onder-14 brons. Mpumalanga het ook algeheel tweede geëindig in die kampioenskappe, na die Wes-Kaap. Woordvoerder, Gerald Sambo, sê die vlugbalspelers het verder verskeie top individuele toekennings gewen.
7 Jul 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min