Vrou weer aangekla van moord op bejaarde vrou in Mbombela in 2018

Loading player...
Die 51-jarige vrou wat in 2018 aangekeer is in verband met die moord op Hetta Potgieter in Macadamia-ouetehuis in Mbombela, word weer aangekla van haar moord sowel as roof.
Die klagte teen die vrou is in 2021 teruggetrek weens onvoldoende bewyse, maar die Valke sê nuwe bewyse het aan die lig gekom.
Sy is destyds saam met Shaun Oosthuizen en John du Plooy aangekla. Oosthuizen diens tans vier lewenslange vonnisse uit vir moord op bejaarde vroue, insluitenende die van Potgieter.
Volgens Kaptein Dineo Sekgotodi sal die vrou op 12 Augustus in die hof verskyn.
21 Jul 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min