Kaper gesoek na verkeersbeampte se skietdood

Loading player...
Die Valke is op soek na ‘n vyfde verdagte in verband met die kaping en moord verlede naweek van ‘n verkeersbeampte Victor Thabo Mashego.
Vier mense is reeds aangekeer in die besit van sy geroofde Polo in Bosbokrand.
Volgens Kaptein Dineo Sekgotodi is daar op hom en sy twee passasiers geskiet en het die aanvallers met die voertuig weggejaag.
Die passasiers is ongedeerd.
Die voertuig is geparkeer by die HOP-huis in Bosbokrand opgespoor. Die huiseienaar sowel as drie broers verskyn Woensdag weer in die Calcutta-hof.
1 Aug 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min