Wêreldrenosterdag vandag gevier

Loading player...
Vandag is wêreldrenosterdag. Die jongste data toon dat Afrika tans tuis is vir sowat 22-duisend wit- en swartrenosters. Lara Rall van die W-W-F Suid-Afrika sê stroping bly hul grootste bedreiging met amper 3-duisend renosters wat tussen 2018 en 2021 gestroop is. Die goeie nuus is dat die swartrenoster-bevolking op die kontinent sedert 2017 jaarliks met sowat 13-persent vermeerder het om tans 6 200 sterk te staan.
22 Sep 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min