Die skietdood van 'n Duitse toeris onderweg na die wildtuin word wyd veroordeel

Loading player...
Die DA het sy stem gevoeg tot die koor wat met afgryse gevul is dat ‘n Duitse toeris gistermiddag op die Numbi-pad na die Krugerwildtuin doodgeskiet is tydens ‘n beweerde kaping.
Die Kruger-Laeveld-sakekamer het ‘n beloning van 50-duisend-Rand uitgeloof vir inligting oor die verdagtes.
Die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap sê hulle werk saam met die polisie en KLCBT om maniere te vind om te verseker ons toeriste is veilig voor die feestyd.
Oupa Pilane, die voorsitter van toerisme by die KLCBT en die nasionale mede-voorsitter van die Suid-Afrikaanse Toerismedienstevereniging sê ‘n afvaardiging sal vandag met die familie van die slagoffer ontmoet.
Trudie Grovè-Morgan van die DA sê die reputasieskade benadeel toerisme en die ekonomie.
4 Oct 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min