DA bekommerd oor werkloosheid onder vroue in Mpumalanga

Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê hy is bekommerd oor werkloosheid onder vroue in die provinsie. Volgens Bosman Grobler toon ‘n verslag oor die bemagtiging van vroue wat deur Statistieke Suid-Afrika saamgestel is, dat 60-persent van werksoekers wat hoop opgegee het, vroue is. Meer as 41-persent van vroue in die provinsie is ook afhanklik van maatskaplike toelaes. Verder kon die provinsiale regering as deel van die uitgebreide openbare werke program in die eerste kwartaal slegs 61 werksgeleenthede vir vroue skep uit ‘n teiken van 1-duisend-300.
20 Oct 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min