Voormalige munisipale bestuurder verskyn in die hof vir bedrog

Loading player...
Die voormalige munisipale bestuurder van Nkomazi-munisipaliteit in Malalane het Vrydag in die hof verskyn op klagte van bedrog, diefstal en oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Die 55-jarige Muzi Daniël Ngwenya is dieselfde dag deur die Valke aangekeer. Volgens Kaptein Dineo Sekgotodi het hy in Desember verlede jaar met munisipale fondse ‘n tweedehandse Mercedes Benz vir 900-duisend-Rand aangeskaf en die voertuig in sy eie naam geregistreer. Ngwenya is borgtog van 10-duisend-Rand toegestaan deur die Tonga-landdroshof. Die saak is uitgestel tot 25 Januarie vir verdere ondersoek.
1 Nov 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min