DA vra dat MRTT ontbind

Loading player...
Die DA in Mpumalanga het gister in 'n ledeverklaring in die wetgewer gevra dat die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, die Mpumalanga Regional Training Trust (MRTT) ontbind.
Die party se woordvoerder vir onderwys, Jane Sithole, sê hulle kom nie hul mandaat na om jeugdiges uit voorheen benadeelde agtergronde op te lei nie.
Sy sê MRTT se laste oorskry hul bates - wat twyfel laat oor sy vermoë om aan te hou funksioneer.
Hulle lei ook jaarliks minder studente op en 38% van poste is vakant, terwyl fooie aan raadslede die afgelope finansiële jaar verdubbel het.
2 Nov 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min