DA vra vir groter sigbaarheid van wetstoepassers vir 'n veiliger feestyd

Loading player...
Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep gedoen op die provinsiale regering om die sigbaarheid van polisielede en verkeersbeamptes op provinsiale paaie hierdie feestyd te verhoog om motorongelukke te verminder. Trudie Grovè-Morgan sê ongelukke het in 2021/22 met 12-komma-5-persent toegeneem terwyl padblokkades, dronkbestuur operasies, en voertuie wat geweeg word afgeneem het teenoor die 2019/2020 boekjaar. Sy sê die party het ook skriftelik gevra dat daar dringend aan padinfrastruktuur aandag gegee word, omdat dit beduidend bydra tot gevaarliker paaie.
29 Nov 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min