Vermeende dief wat by skool inbreek vasgetrek

Loading player...
‘n 38-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy by 'n skool ingebreek en rekenaars gesteel het, is aangekeer.
Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is sewe rekenaars wat aan die regering behoort en na vermoede by Yedwa Laerskool in Pienaar buite outside Nelspruit gesteel is, in sy besit gevind saam met toerusting wat hulle glo tydens die inbraak gebruik is.
Die verdagte is in Msogwaba vasgetrek en is tydens ‘n poging om te ontsnap beseer. Hy is onder polisiebewaking in die hospitaal. Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
9 Jan 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min