'Gee voorkeur aan plaaslike diensverskaffers tydens groot geleenthede'
--:--
Die president van die Mangaung Kamer van Koophandel en Nywerheid (MCCI), Nancy de Sousa, beklemtoon dat plaaslike diensverskaffers en besighede voorkeur moet geniet wanneer groot geleenthede in sentraal Suid-Afrika plaasvind. De Sousa het gepraat met verwysing na die ANC se verjaardagvieringe op 8 Januarie, wat die afgelope naweek in Bloemfontein en omliggende gebiede plaasgevind het.