DA maak alarm oor kolleges wat glo omkoopgeld vra in Mpumalanga

Loading player...
Die DA Studente Organisasie in Mpumalanga wil hê die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, moet ingryp by Tvet-kolleges waar omkoopgeld glo geëis word om studente te registreer. Volgens die DASO koördineerder, Marcus Mdau, het hulle berigte ontvang van studente by verskeie kampusse, insluitende Witbank, Middelburg en Waterval-Boven, dat hulle omkoopgeld gevra is om te kan inskryf vir verdere studie - ongeag hul matriekuitslae. Volgens Mdau moet Nzimande verseker studente word aanvaar en geregistreer op meriete.
26 Jan 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min