Lily-myn tragedie na sewe jaar herdenk

Loading player...
Dit was gister sewe jaar sedert Lily-myn buite Barberton ingestort het.
Die liggame van drie mynwerkers, Yvonne Mnisi, Pretty Nkambule en Solomon Nyirenda is sedertien ondergronds vasgekeer.
ActionSA het dit gister saam met familie- en gemeenskapslede herdenk.
Partyleier Herman Mashaba sê die ANC-regering se gesloer om die vraghouer met die oorskot van drie werkers te herwin, bly 'n ongeregtigheid teenoor die mynwerkers en hul families.
Mashaba sê hy gaan die myn se sakereddingpraktisyns vra om die drie werkers se families toegang tot die myn te gee: 
6 Feb 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min