Chroniese ambulanstekort in Mpumalanga

Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, moet aanvaar dat daar 'n chroniese tekort aan ambulanse in die provinsie is en iets daaromtrent doen. Jane Sithole sê nooddienste neem gevolglik baie lank om op noodgevalle te reageer. Die departement se jongste kwartaalverslag dui aan dat 100-persent van reaksietyd teikens behaal is. Volgens Sithole het die departement egter die afgelope drie maande ‘n verdere 12 operasionele ambulanse verloor, wat die totaal vir die hele provinsie op 60 te staan bring.
3 Mar 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min