Skryf vir die eerste keer 'n gedig

Loading player...
Innibos is op soek na jou gedig om te toonset of in 'n kunswerk te omskep om tydens vanjaar se fees uit te stal. Die veelsydige musikant, Lizanne Barnard, sê dit is ‘n produksie wat afhanklik is van die publiek. Mense met geen ervaring in digkuns is genooi om die pen op te neem. Innibos Kunstefees is vanjaar van 29 Junie tot 2 Julie in Mbombela. Weens die Covid-19-pandemie, is dit die eerste volwaardige fees sedert 2019.
22 Mar 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min