Rob en Roz help Willem Visser liefde vind met radio Tinder
--:--
Rob Forbes en Rozanne McKenzie het Hester van Niekerk se plasing op Facebook gesien en wil haar, en haar seun, help om 'n oplossing te vind. Hester van Niekerk se versoek is nie te wild nie. Al wat sy soek is 'n skoondogter wat vir haar seun Willem oor die naweke in toom kan hou, want sy is nie meer lus om heeltyd oor hom te bekommer nie.