DA betuig ook medelye na moord op hoofman

Loading player...
Die DA in Mpumalanga het sy medelye betuig aan die Mnisi-stam in Bosbokrand na die sluipmoord op die hoofman, Clyde Mnisi, Sondagaand. Partylid Trudie Grovè-Morgan sê hy was bekend daarvoor dat hy sy lewe aan die diens van sy mense gewy het. Sy sê hulle hoop sy moordenaars word spoedig aangekeer, en dat ondersoek ingestel word of dit verband hou met die klagte waarop hy in April verhoor sou word. Hy is saam met vyf ander mense aangekla van onder meer diefstal, sameswering om ‘n misdaad te pleeg, die onwettige verkoop van renosterhoring, korrupsie, geldwassery en rampokkery.
29 Mar 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min