Drie stropers swaar gevonnis in Skukuza

Loading player...
Drie stropers is swaar gevonnis in Skukuza vir drie renosters wat hulle in November 2019 in die Malelane-area van die Krugerwildtuin gestroop het. Teddy Dlamini is 39 jaar opgelê vir onder meer onwettige betreding van die wildtuin en die rig van ‘n vuurwapen. Zwelithini Mathebula en Lucky Mhlongo is tot 34 jaar gevonnis vir ondermeer besit van gevaarlike en onwettige vuurwapens en ammunisie en sameswering om ‘n misdaad te pleeg. Nog twee beskuldigdes het verdwyn na hulle borgtog toegestaan is. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, het veral die veldwagter geloof vir die suksesvolle vervolging.
26 Apr 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min