DA opponeer die beplande stigting van 'n vierde distriks-munisipaliteit in Mpumalanga

Loading player...
Die DA het aan die Munisipale Afbekeningsraad geskryf oor die voorgestelde veranderinge aan munisipale grense in Mpumalanga. Volgens Bosman Grobler ondersteun die party die voorstel om die voormalige Umjindi-area uit Mbombela-munisipaliteit te verwyder om ‘n nuwe plaaslike owerheid te skep.
Die party is egter gekant teen die skep van ‘n nuwe, vierde distriksmunisipaliteit wat uit Thaba Chweu, Bosbokrand en Emakhazeni plaaslike owerhede sal bestaan.
26 Apr 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min