Man doodgeskiet wat polisiesersant in Pienaar aanval

Loading player...
‘n Man is Vrydagoggend doodgeskiet na hy saam met twee ander gewapende mans ‘n polisiesersant op pad werk toe aangeval het. Volgens die polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, was die 43-jarige beampte te voet op pad na die Pienaar-polisiestasie toe die mans hom voorgekeer het. Een verdagte het ‘n skoot afgevuur en die sersant het teruggeskiet. Die aanvallers het gevlug, maar een is later dood aangetref. Hy is nog nie geïdentifiseer nie. Die Onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek die voorval.
15 May 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min